20 April 2025

2 Korintiërs 3:1-18

Paulus sê hier dat hy homself nie hoef te regverdig by die Korintiërs deur 'n brief wat verduidelik wie en wat hy is nie!
Nee sê hy: die gemeente IS sy getuigskrif!

Hy het immers die klomp mense oor die Heerlikheid van die Here geleer.
Dit was baie meer waardevols as wettiese Joodse gebruike en leerstellings.

Hy verduidelik dat waar ons mense oor die Heilige Gees leer is daar vryheid!
Wat lei tot blywende heerlikheid!

“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭3‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie vir U Gees!
U is Gees!

Archive

 2025